Solheim

We care

Home for the Aged

Ons gee om

Tehuis vir Bejaardes

Sun Straat 62, Solheim, Germiston 1401

SOLHEIM
Solheim Tuiste vir Bejaardes is geleë in Solheim, ‘n voorstad van Germiston en is geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie (NPO 001-178) wat reeds sedert 1970 bestaan

BESTUUR
Solheim word beheer deur sy eie Beheerraad.
   Die dag-tot-dag bestuur word op delegasie van magte vanaf die Beheerraad behartig deur:
    ‘n Senior Personeel Komitee onder toesig van die Uitvoerende Bestuur en verskeie ander komitees.

Die inwoners word verteenwoordig deur ‘n Inwonerkomitee.
  Die funksies van hierdie komitee:
   ·  Monitor die algemene tevredenheid en welsyn van die inwoners; 
   ·  Bepaal of die inwoners enige behoeftes het wat deur die bestuur aangespreek moet word; 
   ·  Komitee monitor die algemene funksionering van die ouetehuis met verwysing na die behoeftes en
      veiligheid van die inwoners; 
   ·  Monitor die finansiële situasie van die tuiste;
   ·  Monitor die voorkoming van mishandeling van die inwoners en is betrokke by die ondersoek van
      moontlike gevalle van mishandeling.
   
AKKOMMODASIE
Die Tuiste verskaf inwoning aan 135 inwoners. Die volgende akkommodasie moontlikhede bestaan:
   ·  Enkel kamers
   ·  2x Bed kamers
   ·  4x Bed kamers 

Verder is daar ook 32 selfsorg eenhede, in die vorm van eenvertrek woonstelle of een slaapkamer woonstelle wat te huur is teen uiters bekostigbare tariewe.

Naas die omgee en versorging van die bejaardes, reik Solheim ook uit na behoeftiges binne die onmiddelike omgewing in die vorm van skenkings, hulp en opleiding.
Solheim dra by tot die oorhoofse bevordering van die kwaliteit van lewe van bejaardes uit die omgewing asook minderbevoorregtes wat hulp benodig.
As tuiste maak Solheim ‘n beduidende bydrae tot die bemagtiging van behoeftige persone. Solheim poog inderdaad om vir die bejaardes ‘n tuiste te wees “waar die Lewe weer begin”, want “ons gee om”.

KOSTE
Die koste van verblyf word jaarliks in April hersien en is beskikbaar op navraag aan die Tuiste se Maatskaplike Werker.  Voorsiening word gemaak vir persone wat ‘n privaat pensioen inkomste ontvang, asook diegene wat ‘n staatspensioen ontvang.

Kontakbesonderhede

53 Neptune Straat
Solheim
Germiston

Tel/Faks:
011 - 828 4785/6/7 

Solheim Tuiste vir Bejaardes
Posbus 3029
Symridge142

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.